Tuisblad

Welkom by O-Topi Lodge en Jag Safari’s

Ons wil u as gaste van O-Topi verseker van ‘n wegbreek met ‘n verskil.

Privaatheid terwyl u die natuur beleef is waarskynlik die duurste kommoditeit waarvoor nie ekstra betaal hoef te word nie.

Respek vir die natuur en dank aan ons Skepper vir al ons geleenthede is al wat ons voor leef.

Kom ontspan rustig as jagter, voëlkyker, stapper, fietsryer, diereliefhebber of sommer net jouself….

Rustige atmosveer streel hart en gemoed terwyl jy op die stoep van die onthaalarea sit en die natuur waardeer met verskeie spesies reg by jou.

Kontak Hansie (083 290 0738 – hansie@O-Topi.co.za) of Melaine (083 290 0738 – melaine@O-Topi.co.za) om ‘n onvergeetlike ervaring te reel

Verskeie spesies is daar vir besigtingings genot of jag.

Nyala, Koedoe, Bosbok, Blesbok (Wit en gewoon), Gemsbok, Eland, Kameelperd, Rooibok, Duiker, Steenbok,Vlakvark, Bosvark, Volstruis, Rooikat,Tierboskat, Sivetkat, Bruin Hiëna en verskeie voël soorte

[easingslider]

  • Geleë in die boomryke Dendron area op Legkraal maak dit ‘n gemaklike N1 rit vanaf Gauteng
  • Met ‘n 5 x 6 bed lodge, en-suite badkamers en ‘n ten volle toegeruste onthaalarea met spysenierings kapasiteit van 60 + mense, is dit uiters gepas is vir families of vriende groepe en kan u, u-self uitleef en uitrus.
  • Selfoonopvangs is wisselvallig maar die lodge bied gratis WiFi vir dié wat tussen speel of rus ‘n belangrike transaksie nog moet hanteer (beperkte bandwydte), dus die perfekte omstandighede om weg te breek van die malle gejaag in die allerdaagse lewe.
  • Vierwiel en gewone motor fietse is welkom, maar die  natuurlewe kom eerste en u optrede om die wild so min as moontlik te versteur word hoog op prys gestel.
  • Sovêr dit jagters aangaan is dit ‘n relatief maklike jag vir kleinwild, die perfekte geleentheid om kleinboet of ~sus, hul eerste Rooibok of vlakvark te laat jag.
  • Die gemaklike en verskillende veld tiepes hou sy voordele in vir die jag entoesias. Slag en koelgeriewe maak die jag ook meer ontspannend sodat families meer tyd met mekaar kan spandeer.
  • Kom, maak dus tyd, bespreek betyds en verseker jou tyd in die natuur waar jy voete in die sand die mooi sonsondergange kan beleef.
  • Die fasiliteite ontleen ditself ook vir ‘n klein groep bosberaad waar privaatheid en ‘n veilige kamp, van vroue naweke tot die strategiese beplanning van u projekte perfek kan huisves.